My vir ewig reën oë, jy het vandag my hart hard gebreek.
Hoe kon jy, hoe durf jy, daai blou lighter by my huis los.
Weet jy nie dat die ding my uittart? Het jy nie gedink aan hoe dit my so sou spot nie?
Ek’s jammer, maar ek kan nie help as my hardseer soos veragte donderweer klink nie
Ek’s jammer, maar ek verlang al klaar na die reën in jou oë — daai vermiste perd blou wat ek seker nog dertig jaar gaan moet soek.
Maar, te minste het ek jou lighter, na? Tot my ongewenste teleurstelling, besef ek al hoe meer terwyl die ding my oordeel, dat daar geen ander blou in die heelal is wat JOU blou is nie… is daar.
Miskien as ek elke strand in die wêreld smeek en vir elke oseaan ‘n string van my hare bied — dalk dan sal die See Godin jou ewige reën oë vir my wys
Of wat van as ek in elke berg se water gaan sterf en my lyf weer vir die slange gee, dink jy hul sal dan my toegang gee tot die koninkryk van Perd Blou
Nee, kom ommidelik terug en verwyder hierdie tyd kapsule, ek haat dit en die mineer hoe dit net daar lê en herinner!
Jammer.
Weer eens vra ek omverskooning oor my verlange vat soos bitter stroop loop terwyl ek skryf
Die besmeering oor die bladsy net nog ‘n uitbeelding van my harde hart donderweer — oral op die papier lê jou blou afwesigheid — my geliefde vir ewig reën